Drie mense word verdink dat hulle betrokke is by die dood van die bekende One Direction-sanger, Liam Payne.

Maroela Media berig dat die verdagtes ‘n dwelmhandelaar, ‘n werknemer vermoedelik van die hotel waar Payne oorlede is, en iemand na aan hom insluit.

Payne het vermoedelik ‘n kombinasie van kokaïen, alkohol en antidepressante gebruik.

LEES MEER: Voormalige One Direction-ster val na sy dood

‘n Nadoodse ondersoek bevestig dat die 31-jarige sanger nie verantwoordelik was vir selfbesering nie, aangesien hy nie vir minstens 72 uur by sy volle bewussyn was nie en in ‘n merkbare toestand van verminderde bewustheid verkeer het.

Die drie mans word aangekla omdat hulle Payne van dwelmmiddels voorsien en hom in ‘n kwesbare toestand gelaat het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×