Die Kroonstad-hoofwegpatrollie het drie verdagtes in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee.

Luidens ’n polisieverklaring het beamptes ʼn stop-en-deursoek-operasie op die N1-Noord, 5 km van Kroonstad, uitgevoer.

Hulle het Saterdag ʼn bakkie met ʼn sleepwa met vier beeste afgetrek.

Die verdagtes kon geen dokumentasie vir die vee verskaf nie, en verdere ondersoek het getoon dat die beeste vermoedelik van ʼn plaas in Steynsrus gesteel is.

Die drie is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Kroonstad-landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×