Drie mans is in hegtenis geneem ná ’n moontlike huisroof in die Welkom-distrik waarin ’n vrou geskiet is.

Volgens ’n polisieverklaring het die voorval vroegoggend plaasgevind toe die vrou ’n geluid by haar deur gehoor en haar yskas probeer skuif het om dit toe te maak.

’n Skoot is van buite afgevuur en het haar in die regterbeen getref.

Drie gewapende mans het haar vermoedelik beroof van elektroniese toestelle, selfone, geld en alkohol.

Die polisie het die verdagtes later by ’n sjebeen opgespoor en hulle vermoedelik met gesteelde goedere, ’n onwettige vuurwapen en huisbraaktoerusting gevind.

Hulle is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!