Die twee gewapende terroriste wat vanoggend by ‘n bushalte in Jerusalem op mense begin skiet het, was al voorheen in die tronk vir terreuraktiwiteite volgens Israel se Shin Bet-veiligheidsagentskap. Die mans is as die 38-jarige Murad Namr en sy 30-jarige broer, Ibrahim Namr geidentifiseer. Sky News berig drie mense is na die skietery oorlede en bykans sestien gewond. Hamas het op Telegram sy militêre vleuel geprys vir die skietery. Israel se minister van nasionale veiligheid, Itamar Ben Gvir, het gesê die twee skieters is inwoners van Oos-Jerusalem. Gvir het gesê Hamas praat met twee stemme, een van ‘n skietstaking en ‘n ander stem van terreur. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×