Drie mense vas na moord op die vrou van Dewetsdorp

Drie mense, twee mans en n vrou, is Vrydagmiddag inhegtenis geneem in verband met die moord op die 64 jarige Iris Potgieter van Dewetsdorp.

Die polisie het die verdagtes in die Chris Hani informele woonbuurt vasgetrek nadat hulle die
rooi Volkswagen City Golf waarmee Potgieter gereis het, in die woonbuurt gewaar het.

Netwerk 24 berig dat die verdagtes tussen 19 en 26 jaar oud is. Potgieter se lyk is Woensdag in ‘n veld by die Riverside Township gevind.

Luister na potgooie hieronder