Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur en Thabang Makwetla, adjunk-minister van verdediging en militêre veterane moet voor die ANC se tugkomitee verskyn en verduidelik waarom hulle nie skuldig is aan bewerings wat in die Zondo-kommissie se verslae oor hulle gemaak is nie. Die sekretaris-generaal van die party, Fikile Mbalula, het Dinsdag tydens ‘n mediakonferensie by Luthuli-huis in Johannesburg gesê daar is nog ander ANC-lede wat ook voor die komitee moet verskyn. Mantashe, Kodwa en Makwetla is drie uit byna 200 ANC-lede wat in die Zondo-kommissie van die ondersoek na staatskaping se verslae genoem word. Mbalula het terugvoering gegee oor besluite van die ANC se nasionale uitvoerende komitee wat die afgelope naweek in Boksburg vergader het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×