Die Departement van Vervoer sê dit sal sowat een miljard rand kos om drie nuwe bestuurslisensiekaartdrukkers vir Suid-Afrika aan te skaf.

Die departement het op ‘n parlementêre vraag van Rise Mzansi gereageer.

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die huidige bestuurslisensie-produksiemasjiene het die einde van hul leeftyd bereik, en dat drie nuwe masjiene aangeskaf moet word.

Creecy sê elke masjien kos meer as 334-miljoen rand.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×