Drie polisiebeamptes van die Rosestad is op nasionale vlak vir uitmuntende werk vereer. Luitentant-kolonel Junior Santi van die taktiese reaksie-eenheid in Bloemfontein, is as Hoërisiko-lid van die Jaar aangewys. Hierbenewens het Santi se onwrikbare toewyding ook aan hom die gesogte Loreat-toekenning besorg, waarvoor hy met ‘n splinternuwe voertuig beloon is.

Konstabel Mathaha Lekhooa van die Navalsig-speurtak, het die Polisieminister se Spesiale Toekenningskategorie gewen vir sy uitmuntende ondersoekwerk van die Thabo
Bester-ontsnappingsaak. Kaptein Pieter Drury van Bloemfontein se eenheid vir openbare orde, het die kategorie vir Medium Risiko-lid van die jaar gewen.

Drury is operasionele bevelvoerder vir die onwettige mynoperasie “Knock Out” in die Vrystaat. Onder sy bevel het die operasie daarin geslaag om 1 936 verdagtes in 892 gevalle in hegtenis te neem. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, sê die die beamptes mag met reg trots op hulle uitstekende werk wees:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×