Drie Polisiemanne word betrek by Krugersdorp-moorde

 In die jongste verwikkelinge rakende die Krugersdorp moorde kan drie polisiemanne ook aangekla word.  Volgens Netwerk 24 kan die drie beamptes aangekla word van regsverydeling vir die rol wat hulle gespeel het om die ondersoek te dwarsboom.  Die veroordeelde moordenaar en baasbrein agter die afspraakmoorde, Cecilia Steyn, se man Dries Steyn word ook betrek by die moorde.  ‘n Senior polisieman wat as net Kolonel. X geidentifiseer is, het glo ‘n reuse rol gespeel om die ondersoek te dwarsboom.  Onder meer bewyse wat aan Kol. X oorhandig is, is so beskadig dat dit nie in die hof gebruik kon word nie.  Rapport berig die ondersoek teen Kolonel. X en nog drie dienende beamptes is in gevorderde stadium.  Kolonel X was glo na bewering vriende met die Steyn-egpaar.  Nog 5 mense wat betrokke was by die moorde dien tans lang tronkstrawwe uit.

Luister na potgooie hieronder