Drie Suid-Afrikaanse restaurante word beskou as van die beste in die wêreld. Die lys van die wêreld se beste restaurante word georganiseer en saamgestel deur William Reed Business Media in die Verenigde Koninkryk. Vanjaar se ranglys is saamgestel uit die stemme van meer as eenduisend mense in die voedselbedryf vanuit 27 streke regoor die wêreld. Die Fyn Restaurant in Kaapstad, wat ‘n nuwe toetreder is, is in die top 50 geplaas op nommer 37. Nog ‘n restaurant in Kaapstad, La Colombe, is op nommer 81 geplaas en die Wolfgat in Paternoster op nommer 90.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×