Drie van die land se grootste vakbonde wat werkers by die kragvoorsiener Eskom verteenwoordig, glo dat die sluit van steenkool-kragstasies nie die oplossing vir die land se energiekrisis is nie.

Dít veral sonder enige alternatiewe.

NUMSA, Solidariteit en die mynwerkersvakbond, NUM, is gister deur drie parlementêre portefeuljekomitees genooi om by Eskom se hoofkantoor in Johannesburg oor die
energiekrisis te vergader.

Die vergadering het ten doel gehad om vakbonde se mening te kry oor moontlike oplossings vir die krisis.

Die portefeuljekomitees wou skynbaar ook by die vergadering hoor watter uitdagings Eskom-werkers in die gesig staar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×