Drie verdagtes is terwyl hulle besig was om vermoedelik gesteelde skape te slag, op die Maartiensrus plaas naby Bultfontein, in hegtenis geneem.
Volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Kommissaris het lede van die Bultfontein Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) inligting oor veediefstal in die area ontvang. Met hulle aankoms op die plaas is bevestig dat 40 skape gesteel is.
Voorlopige ondersoeke het gelei dat hulle die verdagtes se voetspore na die misdaadtoneel gevolg het. Op die toneel het die SAPD onder meer op 14 skaapkarkasse, 23 lewende skape, 11 lammers, 4 selfone en ‘n voertuig beslag gele. Die drie verdagtes is in aanhouding vir die besit van vermoedelike gesteelde vee.