Drie verdagtes is gister in ʼn oor-en-weer-skietery met die Valke se taktiese taakspan, of Toms, doodgeskiet.
ʼn Toms-lid is ook in die voorval dood.
Maroela Media berig die verdagtes het glo eerste op die taakspan losgebrand.
Ten tyde van die skietery het die taakspan ‘n huis in Mamelodi by Pretoria dopgehou.
Die Valke het inligting bekom dat hoëkaliber vuurwapens onwettig by dié adres aangehou word.
Brigadier Nomthandazo Mbambo, woordvoerder van die Valke, het gesê terwyl lede van die taakspan die huis genader het, het die verdagtes op hulle begin skiet.
Die Valke het teruggevuur en drie verdagtes doodgeskiet.
Daar is op verskeie vuurwapens beslag gelê.