Drie verdagtes is in Zamdela naby Sasolburg, in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat ’n vermeende inbreker wat glo op heter daad betrap is,  gesterf het.

Volgens sers. Josephine Rani het die polisie ’n klagte van aanranding ontvang.

Nuusflits berig die liggaam van die oorledene is op die erf van een van die verdagtes gevind.

Rani het gesê die oorledene het glo by een van die verdagtes se huis ingebreek, waarna hy betrap en toe aangerand is.

Die drie is tans in aanhouding en sal binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×