Drie verdagtes wat by Dinsdagoggend se transito-rooftog in McKenziestraat in Bloemfontein betrokke was, het reeds Woensdag die Valke se prooi geword.

Die Valke-woordvoerder, kaptein Christopher Singo, het gesê die mans is tussen 53 en 60 jaar oud en is skynbaar werksaam by die geldvervoer-onderneming wat in die
rooftog geteiken is.

Die vermoede bestaan dat tot soveel as tien miljoen rand in die sakke van die swaargewapende rowers beland het.

Die drie verdagtes verskyn na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof.

Die ondersoek duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×