Drie verdagtes is deur die polisie in hegtenis geneem na die moord op twee MK-partylede. Vriende en families van die twee vermoorde MK-lede glo hul dood was polities gemotiveer. Die twee mans, Bongani Mkhwanazi en Xolani Nzimande, is Sondagaand in Katlehong, suidoos van Johannesburg, doodgeskiet.
Volgens die polisie is die twee dood tydens ‘n geveg met lede van die ANC. Spanning loop hoog tussen die twee partye in die gebied met albei wat hoop om ʼn meerderheid stemme te kry. Die polisie het gisteraand nog twee verdagtes in hegtenis geneem vir die moorde nadat ‘n man vroeër aangekeer is.