Drie verskyn in hof oor eiendomsbedrog in die Vrystaat

Drie mense het Woensdag in die Bloemfontein Landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog ter bedrag van R344 600.

Luidens berigte het die driemanskap ‘n eiendomsagentskap bedryf sonder die nodige lisensies.

Netwerk24 berig die bedrieers het huise verkoop en die kopers versoek om betalings in die maatskappy se rekening te maak, maar het nooit die eienaarskap van die huise aan die kopers oorhandig nie.

Volgens Christopher Singo, Valke-woordvoerder in die Vrystaat, is een verdagte op 20 Desember verlede jaar in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat.

Die ander twee verdagtes het hulself saam met hulle regsverteenwoordigers Woensdag aan die Valke oorgegee, nadat hulle soek was terwyl hulle inhegtenisname ontduik het.

Die saak is uitgestel tot 12 April, en al drie beskuldigdes is weer op borgtog vrygelaat.

Luister na potgooie hieronder