Drie Vrystaatse onderwysers het deurgedring as finaliste by hierde jaar se nasionale onderwyser toekennings – en een het toe weggestap met ‘n plek op die podium.

My City Bloemfontein berig dat vanjaar se tema was, Bemagtig opvoeders, versterk weerbaarheid, bou volhoubaarheid.

Een van die wenners was Tiisetso Chaka. Die Oos-Vrystaatse juffrou is van Thiboloha – ‘n skool vir gestremdes in QwaQwa, en het die eerste prys verower in haar kategorie, wat uitnemendheid in die leer van kinders met spesiale behoeftes vereer.

Die ander twee wenners is Majobo Dikgang en Bongiwe Cele wat onderskeidelik van Betlehem en Kroonstad kom.

Verlede jaar het die Vrystaat vier wenners gehad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×