Die Valk nasionale en provinsiale vlak ondersoek bewerings dat drie senior sportbeamptes van die Vrystaatse Sportfederasie Covid 19-bonusse van R50 000 aan hulself betaal het. Dié geld moes gebruik word vir atlete en tegniese beamptes. Die klagte is op 9 November deur Armand Cloete, VF LPW, ingedien. Hy het aan Netwerk 24 gesê Vrystaters behoort woedend te wees oor bewering van verkwisting van geld aan bonusse en vermeende korrupsie. Cloete het gesê in dieselfde geldjaar is daar ook glo prestasiebonusse van meer as R109 000 aan twee lede van die uitvoerdende komitee van die konfederasie uitbetaal. Cloete het bygevoeg Covid 19-bonusse is blatante selfverryking.
