Drie Vrystaatse verkeersbeamptes is van korrupsie aangekla, nadat hulle na bewering omkoopgeld van ‘n vragmotorbestuurder geëis het, éérder as om ‘n boete uit te reik.

Luidens Netwerk24 was die drie beamptes Saterdag tussen Hennenman en Kroonstad aan diens, toe hulle die vragmotor voorgekeer het.

Luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli, ’n Valke-woordvoerder, sê die vragmotorbestuurder het sy werkgewer van die beweerde omkopery in kennis gestel.

Hierna is ‘n lokval gestel wat tot die drie se inhegtenisneming gelei het.

Die beskuldigdes, is gister in die Kroonstadse landdroshof op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×