‘n Man van De Aar is aangekla van moord op sy stiefseun ná ’n bednatmaak-voorval, en kan Vrydag om borgtog aansoek doen.
The Citizen berig Jeremy Bosman het in die distrikshof op De Aar verskyn op aanklag van moord en aanranding. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy driejarige stiefseun, Charvandre Kieran Everson, doodgeslaan het en die kind se ma, Charmelle Thys, aangerand het.
Charvandre is met beserings na die De Aar Nuwe Hospitaal geneem, waar hy aan sy beserings beswyk het.
Hospitaalpersoneel het die polisie gekontak weens vermoedens van moord.
Bosman bly in aanhouding tot Vrydag, waar hy om borgtog kan aansoek doen, terwyl die vervolgingspan beplan om die Skedule 6-borgtogaansoek teen te staan.