Die Minister van Polisie, Bheki Cele, sal Suid-Afrikaners vanmiddag inlig wat die polisie se plan is om die aanvalle op vragmotors hok te slaan.
Luitenant-generaal Fannie Masemola, nasionale polisie kommissaris, het vroeër die week gesê padblokkades sal deur die polisie op alle hoofroetes opgerig word om aanvalle te voorkom.
Maroela Media berig die DA het gesê die party gaan ‘n saak teen die swaarvoertuig-aanvallers maak ingevolge wetgewing teen terreur.
Johan Kruger, strategiese raadgewer by Afriforum het gesê die regering moet dringend leierskap toon om die beplande aanvalle hok te slaan.
Dit is duidelik die aanvalle is ‘n gekoördineerde poging deur groepe om sabotasie te pleeg.