Uiters dringende tsoenami-waarskuwings is vir die kusgebiede van Japan uitgereik.
Dit volg nadat sy sentrale gebied vroeër vandag deur ‘n massiewe aardbewing van 7,6 op die Richterskaal geruk is.
Minstens dertig ander aardbewings, van tussen 3,6 en en 7,6, het die eilandnasie in die daaropvolgende drie ure getref.
BBC News berig luidens amptelike waarskuwings kan vyf meter hoë branders die kuslyn haal.
Japan het sy kragtigste aardbewing het in 2011 die Richterskaal by nege laat draai, toe 18 000 mense gesterf het en sekere dorpe totaal uitgewis is.