Die Stad Kaapstad het kommer uitgespreek oor die groot aantal motoriste wat gevang word wanneer hulle onder die invloed van alkohol bestuur. Volgens die stad het die aantal dronkbestuur-inhegtenisnemings die afgelope week byna verdubbel in vergelyking met die vorige week. Sommige van hierdie oortreders was nog nooit in die hof nie al is hulle voorheen vir dieselfde oortreding gearresteer. Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, JP Smith, doen ‘n beroep op die Departement van Justisie om sy deel te doen deur seker te maak dat mense wat gearresteer word, in die hof verskyn.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×