Naka Drotske het na aanleiding van berigte, op sosiale media bevestig dat daar wel ‘n insident tussen hom en sy buurman, John de la Hunt, was.

Drotske hou vol dat hy op selfverdediging opgetree het, en het bygevoeg dat hy reeds met sy regspan gekonsulteer het en ‘n klag van aanranding is teen de la Hunt by die polisie ingedien.

Drotske en sy vrou het vir ‘n beskermingsbevel vir teistering aansoek gedoen en sal ook, ‘n saak van Crimen Injuria, teen de la Hunt open.

Volgens Drotske verkies hulle om in hierdie stadium nie veredere kommentaar te lewer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×