Druk neem toe op die regering om die regulering van spaza-winkels te versterk en openbare gesondheidsbewustheid in Suid-Afrika te bevorder.
Dit kom te midde van toenemende voedselvergiftigingsgevalle waarby jong kinders betrokke is.
LEES MEER: ‘Nasionale veiligheidsbedreiging’: Verdagtes vas rakende reeks voedselvergiftigings
‘n Ondersoek, gelei deur die Gesondheidsdepartement en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, het ‘n onwettige chemikalie in die Naledi-voedselvergiftigingsgevalle gevind. Vier mense is ook reeds in verband met die vergiftigings inhegtenis geneem.
Die regering het belowe om deeglik ondersoek in te stel en op te tree om Suid-Afrikaners teen voorkombare siektes te beskerm.
LEES MEER: Departement plaas verbod op verkoop van eetgoed naby skole in Limpopo
Intussen het die departement van Onderwys in Limpopo ‘n tydelike verbod geplaas op die verkoop van kos en eetgoed naby skole in dié provinsie.
1 Comment
Comments are closed.