Drukgroep eis dat inperkingsregulasies ongrondwetlik is en dat minister tronkstraf opgelê moet word

Die drukgroep Liberty Fighters Network dien eerskomende Dinsdag ‘n dringende aansoek by die hooggeregshof in waarin hulle vra dat die inperkingsregulasies ongrondwetlik verklaar word en dat die verpligte dra van maskers ongeldig is.  Die groep vra ook dat Nkosazana Dlamini Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, ses maande tronkstraf opgelê word vir minagting van ‘n hofbevel.  Die klag van minagting kom na regter Norman Davies se uitspraak van Junie verlede jaar waarin gedeeltes van die destydse vlak 3 regulasies ongrondwetlik verklaar is.  LFN het op 18 Desember ‘n brief aan die staatsadvokaat gestuur en gesê dat die sluiting van sekere strande ook ‘n direkte oortreding is van die hofbevel en dat die minister haar skuldig maak aan minagting.  Die groep het ook gevra vir bewyse dat die verpligte kriteria nagekom is om ‘n ramptoestand af te kondig.

Luister na potgooie hieronder