Die vermoorde dominee Liezel de Jager se man, Werner, gaan Kersfees agter tralies deurbring nadat sy aansoek om borgtog tot volgende jaar uitgestel is. Hy sou vandag in die landdroshof in Amanzimtoti ‘n formele borgaansoek bring nadat hy twee weke gelede in Bloemfontein in hegtenis geneem is in verband met sy vrou se moord. Die saak is tot 9 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. Die staat het vir uitstel gevra nadat nuwe inligting Donderdagoggend aan die lig gekom het, berig Netwerk 24. De Jager se regsverteenwoordiger, Adv André May, het gekla oor die media se teenwoordigheid en dat hulle heeltyd in sy kliënt  se gesig is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×