Die moordbeskuldigde, Werner de Jager, is pas borgtog geweier in die landdroshof in Amanzimtoti.
Netwerk 24 berig die 45-jarige De Jager word van moord met voorbedagte rade aangekla na die dood van sy vrou, ds Liezel de Jager op 13 Oktober in 2021. Liezel is in die oprit van die pastorie oorrompel, verwurg en keel-af gesny. De Jager ontken skuld op aanklagte van moord en twee van bedrog. De Jager se regspan het hulle vandag aan die saak onttrek. Hy sal nou aansoek doen om regshulp van die staat.