Dit was Sondag ‘n bitter-soet dag vir familie en vriende van die geliefde leraar van die NG Kerk Suidkus in KwaZulu Natal, ds. Liezel de Jager wat in Oktober 2021, in die oprit van die pastorie vermoor is. Sy sou Sondag haar 40ste verjaarsdag gevier het, 655 dae na die moord gepleeg is. Sy wou as baba in ‘n wiegie ‘n sonstraal vang, onthou haar pa, Henk van Zyl.  Nog familie het huldeblyke gelewer in ‘n video van Action Society wat Sondag op haar verjaarsdag uitgereik is. Ian Cameron, direkteur van gemeeskapsveiligheid by Action Society, het gesê die video is deel van ‘n veldtog om te sorg dat haar moordenaar uiteindelik aangekeer word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Cameron het gesê sy sal nie net nog ‘n nommer in Suid-Afrika se skokkende misdaadstatistiek van geweld teen vroue en kinders word nie. Ons sal haar naam sê, het hy gesê. Van Zyl het gesê Sondag was ‘n bitter-soet dag want hulle soek nog geregtigheid maar het talle boodskappe ontvang van almal wat nog aan haar dink.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×