Die vermeende leier van ‘n bende, wat die Ficksburg-omgewing glo jare lank met geweldsmisdaad geteister het, is swaar gestraf.

Netwerk24 berig die 29-jarige Seqaka Masiza, is ‘n dubbele lewenslange vonnis opgelê, asook ‘n bykomende 89 jaar tronkstraf.

Masiza was uit op parool, toe sekere van die misdrywe waaraan die hof hom skuldig bevind het, gepleeg is.

Die 14 bendelede het op altesaam 18 aanklagte tereg gestaan. Dit sluit in moord, poging tot moord, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, en roof met verswarende omstandighede.

Die res van die bendelede se vonnisse behels tronkstraf van tussen 12 en 25 jaar elk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×