Duidelike teenstand oor die Vuurwapenwysigingswet heers

Die ministerie van polisie het gister in ‘n mediaverklaring bekend gemaak dat meer as 100 000 voorleggings vir die Vuurwapenwysigingswetsontwerp ontvang is.

Die kommentaar op die wysigingswetsontwerp is oorwegend gekant teen die beplande veranderings ten opsigte van selfverdediging, vuurwapenversamelaars, herlaai van ammunisie, beperking op vuurwapens, ammunisie vir sportskieters en
jagters, asook die verkorte geldigheid van lisensies.

Netwerk 24 berig dat Bheki Cele, minister van polisie, vandeesweek die deelname aan die wetgewende proses verleng het tot 2 Augustus.

Luister na potgooie hieronder