Duidelikheid word gegee oor inentings by private hospitale

Persone tussen 60 en 79 jaar oud, wat nie oor ‘n mediese fonds beskik nie, sal nie by ‘n private entstofsentrum ingeënt kan word, sonder ‘n afspraak nie.

Vir persone ouer as 80, is daar wel ‘n kans vir inenting.

Volgens Netwerk 24 word duidelike riglyne oor hierdie aangeleentheid aan private entstofsentrums in ‘n dokument deur
die gesondheidsdepartement, duidelik uiteengesit.

Hierin word private entstofsentrums versoek om diegene sonder ‘n mediese fonds na openbare sentrums te verwys.

Mense sonder mediese fondse mag ook nie by private entstofsentrums opdaag en aanbied om vir self te betaal vir inentings nie.

Die staat dra wel die koste van private entstofsentrums waar die regering deur sy aanlyn entstofregistrasiestelsel, oftewel EVDS, mense sonder ‘n mediese fonds na ‘n private entstofsentrum verwys en hulle per SMS daarvan in kennis stel.

Luister na potgooie hieronder