Drie lede van die vloot is dood toe hulle goedere vanaf ‘n helikopter na die vlootduikboot, die SAS Manthatisi oorgeplaas het. Netwerk 24 berig die voorval het naby die Slangkop-vuurtoring by Kommetjie plaasgevind. Graig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê sewe mense was van die duikboot deur hoë branders in die see gespoel. Die operasie is dadelik gekanselleer, luidens ‘n verklaring van die departement van verdediging. Die liggaam van ‘n vroulike offisier is later uit ‘n vlootvaartuig in die omgewing van Houtbaai gehaal. Die oorlewende lede word nog in die hospitaal behandel. Die lede van die vloot was onderweg na Kaapstad. Die vloot sou die naweek tydens Erfenisnaweek die duikboot en ander skepe asook toerusting aan die publiek by die V en A Waterfront tentoonstel.