Die Departement van Gesondheid in die Vrystaat sal meer as eenduisend gesondheidsorgwerkers herinstel – wat in Januarie 2025 hul pligte sal hervat.
Die werkers is gekontrakteer tydens die Cocid-19-pandemie, en hul kontrakte is weens begrotingsbeperkings nie ná Oktober hernu nie.
Die departement sê die afwesigheid van hierdie werkers stel ‘n wesenlike uitdaging vir gesondheidsdienslewering in.
Die werkers is versoek om van Vrydag af hul relevante dokumentasie by hul vorige werkplek in te dien.