Duisende ondersteuners het die ANC se laaste groot stadion-saamtrek voor volgende week se verkiesing bygewoon.

Maroela Media berig meer as twee derdes van die FNB-stadion in Johannesburg met 90 000 sitplekke was Saterdag tydens die saamtrek gevul. Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die ANC is “die enigste politieke party in die hele Suid-Afrika wat soveel mense op een plek bymekaar kan bring”.

Hy het aan die party se ondersteuners gesê hulle sal meer doen, en hulle sal beter doen. Ramaphosa het gesê die menses al besluit of ons land voortgaan om saam met die ANC vorentoe te beweeg na ʼn blinker toekoms of terugdraai na ʼn verskriklike verlede.

Meningspeilings toon glo egter dat die ANC sy meerderheid Woensdag gaan verloor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×