Ten spyte daarvan dat hulle hul verpligte gemeenskapsdiens voltooi het, sukkel meer as 2 000 aptekers glo om werk te kry.
Primedia berig die Unie van Werklose Aptekers blameer die krisis op beperkte begrotings én die onderwaardering van aptekers se noodsaaklike rol in gesondheidsorg.
Die vakbond sê aptekers wat nou hulle graad gekry het verhoog die reeds aansienlike aantal weklose aptekers van vorige jare. Intussen het ‘n groep aptekers wat sukkel om werk te kry, vroeër die week by die Nasionale Departement van Gesondheid in Pretoria vergader.
Hulle het die regering versoek om die krisis wat hul in die gesig staar aan te spreek.