‘n Onhoudbare stank in die Kaapstadse hawe, was die gevolg van die uiters haglike toestande waarin derduisende diere op ‘n vragskip van Kuwait vervoer is.

Die skip was vanaf Brasilië na Irak onderweg, toe dit vir voorraad in die Kaap anker gegooi het. By nadere ondersoek is vasgestel, dat meer as 19 000 beeste hoef-diep in hulle eie ontlasting staan.

Reuters berig inspekteurs van die nasionale dierebeskeringsvereniging sê hoewel sekere van die diere van kant gemaak moes word, was die toestand van baie van die diere redelik goed, met die haglike omstandighede in ag. Die DBV is egter diep bekommerd oor wat verder vir die diere voorlê, aangesien hulle nog weke ver vanaf die eindbestemming is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×