Die reuse opruimingsaksie duur voort, nadat die damwalle van twee retensiedamme in die Swartland-distriksmunisipaliteit ineengestort het.
Grootskaalse infrastruktuurskade is aangerig, met groot dele waar daar tans geen skoon drinkwater beskikbaar is nie.
Duisende inwoners van Dassenberg, Riverlands en Chatsworth is deur die tragedie ontheem toe vloedwater die gebied verswelg.
Leon Basson, voorsitter van die portefeuljekomitee oor water en sanitasie, sê die voorval is simptomaties van onvoldoende veiligheidstandaarde, asook monitering van die land se damme.