Die Nelson Mandelabaai-metro sê hy werk onverpoosd om watertoevoer te herstel na dele wat deur die onlangse kitsvloede in Kariega geraak is. Duisende inwoners sit sonder water, nadat vloedwater verskeie pypleidings in die gebied meegesleur het. In die tussentyd herlei die munisipaliteit water vanaf die Nooitgedacht-suiweringsaanleg, om inwoners van water te voorsien.

Joseph Tsatsire, die metro se uitvoerende direkteur vir ingenieurswese en infrastruktuur, sê watertenkers is ook ontplooi, terwyl die herstelwerk aan die toevoerpystelsel gedoen word. Daar is vroeër berig minstens 7 mense is in die naweek se oorstromings in die metro dood.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×