Die polisie in Vosman, Mpumalanga is op die spoor van verdagtes wat na bewering ‘n ondergrondse brandstof pyplyn beskadig het en duisende liters brandstof verlore gegaan het.  Die polisie is na die toneel ontbied nadat ‘n sekuriteits-maatskappy op die toneel afgekom het waar ‘n onbekende stof uitgespuit het, later is vasgestel dat dit brandstof is.  Maroela media berig dat die ondergrondse pyplyn aan Transnet behoort.  ‘N Reusegat is na die pyplyn gemaak en daar word beweer dat die skade met opset aan die infrastruktuur aangerig is.  Dit is onduidelik of die verdagtes van die brandstof gebuit het.  Die volle omvang van die skade sal eers vasgestel word na ‘n ondersoek voltooi is

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×