Duisende mense trek vandag saam by die Voortrekker Monument in Pretoria om Geloftedag te vier. Baie Suid-Afrikaners erken vandag, 16 Desember, steeds as geloftedag. Die dag word in verskeie dele in die land gevier met die hoogtepunt by die Voortrekker Monument wanneer ‘n sonstraal presies om twaalfuur die middag deur die opening in die boonste koepel van die Monument op die Senotaaf skyn. Die senotaaf is die simboliese rusplek van Piet Retief en al die ander Voortrekkers wat tydens die Groot Trek gesterf het.