Meer as 10 000 mense het in 2024 hul lewe op Suid-Afrika se paaie verloor.  Eyewitness News berig die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het gister saam met haar adjunk, Mkhuleko Hlengwa, dié verbysterende statistiek bekend gemaak.

Die twee het saam met die vervoer-LUR’e van verskeie provinsies die departement se feesseisoen-padveiligheidsveldtog van stapel gestuur.  Creecy het 2024 se fokusareas uiteengesit, wat die strategiese ontplooiing van wetstoepassingsbeamptes en bewusmakingsinisiatiewe insluit.

Volgens Creecy het die hoë aantal padongelukke en die verwante gevolge ‘n beduidende impak op die Suid-Afrikaanse samelewing. Die impak word in terme van verlore lewens, pyn, hartseer en lyding gemeet, en kom teen ‘n aansienlike koste vir die ekonomie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×