Duisende mense in Gasa het by verspreiding-depots en pakhuise ingebreek om voorrade te neem. Die VN beskryf dit as ‘n kommerwekkende teken van burgerlike orde wat begin afbreek. Die VN-hulpagentskap vir Palestyne, of Unrwa, sê pakhuise met basiese items soos meel en seep is geplunder. Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het gesê die toestande in Gaza word uurliks meer desperaat. Die VN se voedselprogram, of WFP, se voorrade word ook gestroop deur honger en desperate inwoners. Humanitêre hulp aan Gaza deur Egipte en Amerika sal van vandag af toeneem. Intussen gaan Israel voort om militêre optrede teen Hamas in Gasa te verskerp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×