Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het nie-winsgewende organisasies (NWO’s) versoek om aan registrasievereistes te voldoen, dit nadat meer as 6 200 NWO’s gederegistreer is.
SABC News berig die departement het gewaarsku dat meer as 200 000 organisasies, insluitend NWO’s, vrywillige verenigings en trusts, die risiko loop om te deregistreer omdat hulle nie jaarverslae indien nie.
Die waarnemende adjunk-direkteur-generaal van welsynsdienste sê nie-voldoenende NWO’s sal voorregte soos belastingvrystellings, staatsbefondsing en ondersteuning verloor.
Hulle sê verder aangesien die organisasies openbare fondse gebruik, is aanspreeklikheid en deursigtigheid belangrik om te verseker dat die fondse vir die regte doeleindes aangewend word.