Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys gaan voort met sy planne om duisende onderwysersposte te sny.
Dit terwyl ‘n hofaanvraag deur die Spesiale Aksiekomitee (SAK) om die departement te keer, van die rol geskrap is.
News24 berig SAK belowe om die stryd voort te sit om onderwysers se poste te beskerm, nadat hul dringende poging om die sny van meer as 2 400 poste te keer, misluk het.
Die betrokke onderwysers se kontrakte sal na verwagting vandag eindig.
Onderwys-MEC David Maynier verduidelik dat die nasionale regering nie die 2023-loonooreenkoms ten volle finansier nie, wat ‘n tekort in provinsiale begrotings veroorsaak het.
Hy benadruk dat geen permanente onderwysers afgedank word nie, maar dat sommige na ander skole oorgeplaas kan word.
Kontrak-onderwysers sal egter nie heraangestel word nie.