Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) se Subkomitee oor Vrede en Stabiliteit het tienduisend opgeleide polisiebeamptes na hoë misdaadgebiede in die land ontplooi.

Die ontplooiing het ten doel om die toename in massamoorde te probeer bekamp.

‘n NUK-lid, Polly Boshielo, sê hulle het liggaamskameras en toesigtegnologie ingesluit.

Hulle het ook gespesialiseerde eenhede ontplooi om bendegeweld, dwelmhandelaars en massamoorde in die Oos-Kaap en ander hoërisikogebiede te teiken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×