Duisende Suid-Afrikaners het die afgelope twee dae wêreldwyd begin stem in die land se algemene verkiesing. ‘n Rekordgetal van sowat 78-duisend Suid-Afrikaners het aansoek gedoen om in die buiteland hulle stemme uit te bring, waarvan sowat 24-duisend in Londen geregistreer is.

Weens die groot getalle in dié stad, kan stemgeregtigdes vandag óók in Londen stem. President Cyril Ramaphosa sê die toue van Suid-Afrikaners wat by sommige konsulate en sendings gevorm het, herinner hom aan die geskiedkundige eerste demokratiese verkiesing in 1994.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×