Nog ‘n veldbrand het noord van Los Angeles in Amerika uitgebreek.
Maroela Media berig sowat 31 000 mense is aangesê om uit die gebied, wat steeds onder twee vorige noodlottige brande steier, te vlug.
Dié brand volg op twee reusebrande wat vroeër deur Los Angeles, Amerika se tweede grootste metropool, versprei het.
Tientalle mense is oorlede en miljarde rande se skade is aangerig. Sowat 4 000 brandbestryders, gesteun deur vliegtuie en stootskrapers, is inderhaas na die nuwe brandgebied gestuur.
Hoof van die Los Angeles-brandweerdiens Anthony Marrone, sê hul pogings werp vrugte af.