Die opvoeding en onderrig van duisende Vrystaatste-leeders word deur gemeenskapsbetogings in Bothaville beïnvloed.

Volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse departement van onderwys ontwrig betogings wat sedert die begin van die week onderweg is 14 skole in dié omgewing, wat 4 sekondêre skole, 8 laerskole en 3 plaasskole insluit.

Die departement sê verder hoewel burgers die reg het om te betoog, moet dit binne die perke van die wet gedoen word en sonder om die regte van kinders te skend.

Om die situasie aan te spreek het die departement senior amptenare ontplooi om die situasie te monitor en skole oor die pad vorentoe te adviseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×